Lees ook: Suid-Afrika ontken wapensmokkelary na Rusland
President Cyril Ramaphosa het gesê die kragnetwerk sal waarskynlik ineenstort as die regering skole, hospitale en polisiestasies vrystel van beurtkrag soos beveel deur die Gautengse hooggeregshof.
Ramaphosa het gesê die appèl is nie gebaseer op arrogansie, nie maar die raad van ingenieurs wat gesê het die beurtkrag moet aangaan soos dit tans gedoen word, anders gaan die kragnetwerk ineenstort.
Hy het ook gesê die regering probeer prakties wees oor die beslissing van die hooggeregshof en as beurtkrag opgeskort moet word vir al die skole, hospitale en polisiestasies, gaan die netwerk ineenstort.
Hy het bygevoeg die appèl is ook vir die hof om te sien hoe belangrik beurtkrag is en hoe onmoontlik dit is om die beslissing uit te voer.
Bronne: IOL, TimesLIVE, EWN



