Suid-Afrika ontken wapensmokkelary na Rusland

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gun Free SA neem klasaksie teen SAPD

President Cyril Ramaphosa het die VSA ambassadeur Reuben E Brigety beskuldig  daarvan dat hy die betrekkinge tussen die VSA en Suid-Afrika ondermyn het met sy bewerings dat Suid-Afrika wapens na Rusland gesmokkel het vir die oorlog teen Oekraïne.

Ramaphosa se kantoor het Donderdag ‘n verklaring uitgereik na Brigety se kommentaar by ‘n persverklaring vroeër die dag. Brigety se verklarings het diplomatiese spanning vererger en die rand laat daal tot R19.36 teen die VSA dollar.

Brigety het gesê die VSA is oortuig Suid-Afrika het vuurwapens gesmokkel na Rusland. Hy het gesê hulle glo ‘n skip wat tussen 6 en 8 Desember by die Simonstad-vlootbasis was, is gelaai met wapens en ammunisie voor dit teruggestuur is na Rusland. Hy het gesê hy sal sy lewe waarborg op sy inligting.

Ramaphosa se kantoor het gesê “daar is geen bewyse om Brigety se aantygings te ondersteun nie” en die regering het ‘n onafhanklike ondersoek aan die gang om die aantygings te ondersoek.

Bronne: IOL, Sowetan LIVE, All Africa, Twitter

Lees ook: Gun Free SA neem klasaksie teen SAPD