Erin Groepes, die skoolhoof van St. Agustine’s R.C. Primary School, is Maandagoggend ongeveer 10:30 by die skool in Clarepad Wynberg, beroof.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê Wynberg-polisie ondersoek ‘n saak van gewapende roof.
Die slagoffer was glo onderweg om die skoolperseel te verlaat toe ‘n swart Toyota Etios die oprit blokkeer het.
Drie onbekende verdagtes het glo die slagoffer genader en met sonbrille en ‘n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.
Enigiemand met inligting word versoek om met die polisie in verbinding te tree deur Stop Misdaad by 08600 10111.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



