Kind se hart gaan staan na kind PRIME drink

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: PRIME-drankie verbied in Suid-Afrikaanse skole

Ouers by Laerskool Milton in Newport, Wallis, is gewaarsku om nie vir hulle kinders PRIME te koop nie ná die ongeïdentifiseerde kind glo na die hospitaal gejaag is en sy maag gepomp moes word.

Ouers word nou gewaarsku om nie vir hulle kinders die PRIME-energiedrankie te koop nie na die kind glo ‘n hartstilstand ervaar het kort na hy die drankie gedrink het.

Die voorval het oor die naweek by die kind se huis plaasgevind. Die skool se boodskap het gesê die kind se hart het gaan staan na hy die PRIME-drankie gedrink het. Die kind se maag is gepomp en die kind het oorleef, maar die ouers wou ander ouers waarsku.

PRIME se webtuiste het gesê die energiedrankie moet nie deur kinders onder die ouderdom van 18 jaar gedrink word nie.

Bronne: The Mirror, Daily Mail, LADbible

Lees ook: PRIME-drankie verbied in Suid-Afrikaanse skole