Jongman van Paarl steeds soek na 14 jaar

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man van die Paarl is steeds soek nadat hy veertien jaar gelede op 8 Julie 2008 net spoorloos verdwyn het.

Craig Grobbelaar, toe 18, was glo op pad winkel toe, toe hy net spoorloos, sonder enige leidrade, verdwyn het.

Hy het die jaar voor sy verdwyning aan die Hoër Jongenskool Paarl gematrikuleer.

Op ‘n Facebook-blad wat na sy verdwyning begin is, het ‘n vrou wat straatmense in die middestad versorg geskryf dat sy Craig op straat gesien het.

Nog persone het gesê hulle het hom in Stellenbosch gesien. Die polisie het ondersoek ingestel, maar kon Craig nie kry nie.

Nadat die saak deur die polisie toegemaak is, is dit intussen weer oopgemaak.

Sy ma, Annemarie, wag vir ‘n foto van Craig waarop hy digitaal verouder is om dit weer te kan versprei met die hoop om hom te vind.