SABC soek nie geld vir jou motorradio nie

Deel hierdie storie / Share this story

Vals nuus het Woensdag die rondte gedoen dat jy ‘n lisensiefooi aan die SABC moet betaal as jy ‘n radio in jou motor het.

Volgens die verklaring moet jy R401 betaal of jy kry ‘n boete van R750 of 90 dae tronkstraf.

Daar was glo ‘n groot afname in TV-lisensies, gevolglik het die SABC toe besluit om geld te vra vir motorradio’s.

Mmoni Seapolelo, woordvoerder van die SABC, het bevestig dat dit vals nuus is.

Daar was wel in die 1920’s lisiensies vir radio’s, maar dis al dekades gelede afgeskaf.