Inwoners van Bryanston, Benmore, Riverclub, Parkmore, Morningside en Moodie Hill het sedert die begin van die week maar slegs ses uur elektrisiteit gehad.
So sê Nico de Jager MPL, DA Gauteng-woordvoerder vir Infrastruktuur Ontwikkeling.
Nadat die areas Maandag beurtkrag gekry het, is die elektrisiteit nogsteeds nie aangeskakel nie.
De Jager sê na vele gesprekke is die krag weer aangeskakel, totdat dit Woensdagoggend weer afgeskakel is. Inwoners is sedertdien alreeds vir 48 uur sonder krag. City Power probeer om inwoners op hoogte te hou, maar volgens De Jager verskaf Eskom nie genoeg inligting in die verband nie.
“Die tekort aan instandhouding aan infrastruktuur en die tekort aan ‘n gekoördineerde benadering van Eskom frustreer ons inwoners, sê De Jager.
Die watertoevoer en rioolstelsel word ook negatief beïnvloed.
De Jager sê die elektrisiteitsonderbrekings kos inwoners ook geld omdat hulle baie kos moet weggooi.
“Eskom moet sy sake dringend agtermekaar kry.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



