Heerlike resep!
Bestanddele
250 ml aartappels, fyn gedruk
525 ml volgraanmeel
250 ml koekmeel
7ml koeksoda
5 ml sout
10 ml bruinsuiker
500 ml ongegeurde laevet jogurt
Metode
Voorverhit oond tot 180*C.
Meng die droë bestanddele saam.
Vryf die aartappels met die vingerpunte in die droë bestanddele in.
Meng die jogurt met die mengsel.
Plaas die deeg in ‘n gesmeerde broodpannetjie van 220 mm x 100bmm.
Bak vir 1 uur en 15 minute.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



