‘n Inwoner van Phoenix in KwaZulu-Natal beweer dat drie van haar familielede die slagoffers was van ongelukstonele wat na bewering opgestel was.
Reaction Unit South Africa is deur die vrou gekontak en sy het hulle meegedeel ‘n voertuig het verlede week skade opgedoen en twee ander voertuie kon daarin slaag om groot skade te vermy. Volgens die vrou was al drie die ongelukstonele in die Phoenix-omgewing soortgelyk.
Na bewering is ‘n tak op al drie die dae wat dit gereën het oor die pad gesit en olie is oor die teeroppervlak daarnaas uitgestort. Sy beweer dat sulke tonele opgestel word vir geldelike gewin en dat dit glo voorheen lewens gekos het.
Reaksiebeamptes het die tonele besoek wat deur die vrou uitgewys is en gevind dat twee van die tonele oliestortings gehad het wat deur sand bedek is. Dit kon nie bevestig word of die oliestortings as gevolg van ‘n ongeluk was of voor die voorvalle gemors is nie.
Die gebruik van die vrou se beweerde modus operandi kon nie uitgesluit word nie. Die inligting wat ontvang is, sal met wetstoepassingsowerhede gedeel word om die nodige ondersoek in te stel.
Motoriste word egter dringend gewaarsku om op die uitkyk te wees vir hierdie tipe situasies om ongelukke wat na bewering op hierdie manier, of deur ander scenario’s geskep word, te vermy.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



