WGO verklaar Covid-19 nie meer openbare gesondheidsnoodgeval nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man doodgesteek op pad kerk toe

Die WGO het verklaar die openbare gesondheidsgevaar van internasionale omvang betreffend Covid-19 is verby. Lande word egter steeds gewaarsku om nog steeds op hulle hoede te wees teen Covid-19.

Die aankondiging is Vrydag gemaak na ‘n vergadering van die internasionale noodkomitee vir internasionale gesondheidsregulasies aangaande die Covid-19-pandemie.

Hierdie besluit is geneem as gevolg van die daling in Covid-19-verwante sterftes, hospitalisasies en opnames in intensiewe sorgeenhede asook die hoë vlakke van bevolkingsimmuniteit teen Covid-19.

Die gevaar van nuwe Covid-19-variante bestaan steeds, dus word lande gewaarsku om steeds op hulle hoede te wees.

Bronne: IOL, Biz Community, BBC

Lees ook: Man doodgesteek op pad kerk toe