Vyftien skoolkinders beseer toe twee taxi’s bots

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Groep minderjarige skoolkinders is beseer toe twee minibustaxi’s in die Windermere-area in KZN gebots het.

Volgens Emer-G-Med het paramedici op die toneel by die interseksie van Windermere- en Churchillstraat aangekom en een van die taxi’s op sy sy aangetref.

Meer as 15 kinders is op die toneel behandel voor hulle na verskeie mediese fasiliteite geneem is vir behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel