‘n Ongeïdentifiseerde man is dood nadat hy getref is toe hy Dinsdagoggend in die Jabu Ngcoboweg-omgewing van Waterloo KZN oor die pad wou loop.
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 06:44 na die toneel ontbied.
Met hul aankoms op die toneel het ‘n man met bloed aan sy kop in die pad gelê. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van ‘n rooi VW Golf het Rusa in kennis gestel dat hy vanaf Verulam in die rigting van Waterloo KZN gery het toe die voetganger oor die pad geloop het. Sy voertuig het die man getref wat etlike meters van die trefpunt af geslinger is.
Die bestuurder het ligte beserings opgedoen en sy voertuig beskadig.





