Lees ook: ANC-raadslid in hegtenis vir beweerde verkragting van tienerseun
’n Raadslid (39) is Vrydag op Kriel, Mpumalanga, in hegtenis geneem vir beweerde huisbraak, aanranding en poging tot verkragting.
Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het die raadslid by ’n vriend gaan kuier waar hulle gedrink het. Die raadslid het glo onvanpaste seksuele aanmerkings teenoor die 12-jarige meisie gemaak, waarna die vriende na ’n nabye taverne gegaan het.
Die raadslid het toe glo die taverne verlaat sonder om sy vriend te sê en het teruggegaan na die huis toe. Die 12-jarige se ouer suster het iemand hoor inbreek en het ’n vriend gebel om die polisie te kontak.
Die raadslid het glo die 12-jarige aangerand en het haar probeer verkrag terwyl sy na haar oom vir hulp geroep het.
Die raadslid het deur die venster ontsnap toe die polisie daar aankom, maar hy is gevang.
Die raadslid sal binnekort in die Kriel-landdroshof verskyn.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, Wit Bank News
Lees ook: ANC-raadslid in hegtenis vir beweerde verkragting van tienerseun



