Die 22-jarige DJ Muller is Sondagoggend dood toe hy met sy motorfiets teen ‘n stilstaande voertuig vasgery het.
Die ongeluk het omstreeks 04:00 in Langenhovenpark gebeur.
Volgens VR MED is Muller op die toneel dood verklaar.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.



