Bejaarde man kritiek beseer in motorfietsongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Emer-G-Med het kort na 07:00 Dinsdagoggend reageer op oproepe van ‘n ernstige motorfietsongeluk wat op die N4 naby die Russouwstraat-afrit in Pretoria-Oos plaasgevind het.

Verslae van die toneel dui daarop dat ‘n bejaarde manlike persoon in ‘n kritieke toestand gevind is. Hy is op die toneel behandel voor hy per ambulans na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel