Westlife kom SA toe

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende popgroep, Westlife, het pas aangekondig dat hulle Suid-Afrika toe kom.

Dié Ierse groep bestaan uit vier lede: Shane Filan, Mark Feehily, Kian Egan en Nicky Byrne. Brian McFadden was tot 2004 ‘n lid van die groep.

Die groep het in 2012 ná 14 jaar ontbind en later in 2018 herenig.

Die Wild Dreams-toer sal op 1 November in die Grand Arena by GrandWest in Kaapstad en op 3 November in die SunBet Arena by Times Square in Pretoria plaasvind.

Westlife het al menige treffer soos I Wanna Grow Old With You, You Raise Me Up, My Love en Soledad gehad.

Kaartjies sal vanaf 12 Mei by Ticketmaster beskikbaar wees.