Risiko van 12 uur beurtkrag

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is ‘n risiko dat Suid-Afrika die week die eerste keer fase-7-beurtkrag kan beleef en volgens Solidariteit is dit “wesenlik” lede wat by Eskom werk se skuld.

Die bestuurshoof van Eskom, Dirk Hermann, sê in ‘n verklaring dat die land moontlik heel week op fase-6 gaan wees, maar dat daar geen sprake is van ‘n totale ineenstorting nie.

Die bekommernis volg nadat Eskom Sondag bekend gemaak het dat opwekkingseenhede wat 19 333 MW kan opwek, weens foute afgeskakel is.

Die land kan nou fase-6 verwag wat tot 10 uur sonder krag beteken.

Fase-7 en fase-8 kan 10 tot 12 uur duur.