In minder as twee maande het drie deelnemers aan die Boer soek ‘n Vrou-reeks die nuus bekend gemaak dat hulle swanger is.
Niel Bruwer en sy vrou Chereze, het Saterdag op hul sosiale media aangekondig dat baba nommer twee op pad is.

Die paartjie, wat aan die 13de seisoen van dié realiteitsreeks gedeelgeneem het, het ‘n nege maande oue dogtertjie, Catrine Elizabeth.
Willem en Sanel Pool het laasweek aangekondig dat hulle in November ouers word en Tyson en Alri in Oktober.





