AKA se familie ontvang sy toekenning, dogter sing sy bekroonde treffer

Deel hierdie storie / Share this story

Die familie van die ontslape rapper, Kieran ‘AKA” Forbes, se familie het sy toekenning namens hom by die Metro FM Musiektoekennings ontvang.

Sy ouers, Tony en Lynn en sy dogter, Kairo, het met breë glimlagte en trane in hul oê op die verhoog gestaan.

Die rapper is op 10 Februarie in Durban vermoor.

Hy en die rapper, Nasty C, het die AMA-toekenning vir die beste liedjie Lemons/Lemonade, ontvang.

Die geleentheid is Saterdagaand by die Mbombela-stadion gehou en is deur talle bekendes bygewoon.

Die gehoor was aangegeryp toe die oorlede rapper se dogter die mikrofoon vat en haar pa se liedjie uit volle bors sing.