Man pleeg selfdood oor beweerde ontrouheid

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (24) het Saterdag 6 Mei 2023 sy lewe geneem waar hy saam met sy meisie te Amaqhawepad, Uitbreiding 6, Waterloo, in KwaZulu-Natal gebly het.

Reaction Unit South Africa is na die toneel ontbied. Reaksiebeamptes het ongeveer 08:00 op die toneel aangekom waar hulle deur die oorledene se suster meegedeel is dat sy op haar broer afgekom het waar hy aan ‘n elektriese koord hang. Sy het gaan kyk of alles in orde is by hom.

Hy was glo slegs ‘n uur vantevore by sy suster en het haar glo meegedeel dat hy vermoed sy meisie het ‘n ander verhouding. Die slagoffer het hierna na sy kamer gegaan wat net langs hare is.

Sy kamerdeur was gesluit en moes oopforseer word. Die man se suster het hom aan ‘n houtbalk van die dak sien hang.

Die oorledene se meisie het kort daarna op die toneel aangekom en is deur die suster gekonfronteer, maar sy het die beweringe van ‘n ander verhouding ontken.

Sy het wel bevestig dat hulle die oggend ‘n argument gehad het, waarna sy die kamer wat hulle gedeel het, verlaat het. Die meisie het nie inligting van die argument gedeel nie.

Die oorledene se selfdood word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.