Twee persone is ernstig en een gering beseer in ‘n kop-aan-kop-botsing wat gisteraand Sondag 7 Mei 2023 in Hardwickstraat, Newcastle, KwaZulu-Natal plaasgevind het.
Kwazulu Private Abmulance Services het gereageer op berigte van ‘n botsing.
Met nooddienste se aankoms op die toneel het hulle gevind dat twee voertuie kop-aan-kop gebots het.
Paramedici het die toneel vinnig beoordeel en gevind dat twee pasiënte erstige beserings opgedoen het en een pasiënt slegs gering beseer is.
Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



