‘n Minderjarige klaer het Vrydagmiddag 5 Mei 2023 na bewering ‘n naakfoto van ‘n geslagsdeel van ‘n 40-jarige man ontvang, waarna ‘n saak van crimen Injuria by Kanana-polisiestasie in Noord-Wes geregistreer is.
In ‘n tweede saak, wat ook by Kanana-polisiestasie geregistreer is, met dieselfde 40-jarige man as beweerde verdagte, het ouers van twee 15-jarige seuns twee sake van statutêre verkragting oopgemaak. Dit volg nadat ‘n opgeneemde video waarin ‘n man na bewering seksuele omgang met ‘n seun het op sosiale media versprei is. Die video is veral op WhatsApp versprei.
Die 40-jarige man is intussen in hegtenis geneem.
Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Klerksdorp se GKS-eenheid ondersoek die sake.
Die publiek word versoek om nie die video te versprei nie.
Ondersoek in die sake duur voort.
Lede van die gemeenskap en burgerlike organisasies word versoek om geduld aan die dag te lê en die polisie toe te laat om ondersoeke te doen.
Die polisie is nie bewus van bewerings dat die polisie geweier het om die klaer in die crimen injuria-saak by te staan nie. Diegene wat bewerings maak, word versoek om formele klagtes vir ondersoek in te dien.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



