‘n Hospitaal in Soweto het geskiedenis gemaak met die uitvoer van hulle eerste suksesvolle hartoperasie.
‘n Matriekleerling, Tumisang Motsikwa (20), het ‘n steekwond opgedoen en ‘n onbeplande operasie moes dringend gedoen word. Motsikwa is in die hart gesteek nadat hy ‘n ander leerling wat beroof was, wou beskerm.
Volgens ‘n verklaring deur Nomantu Nkomo-Ralehoko, LUR vir gesondheid, het dié operasie langer as ‘n uur geduur.
Motsikwa was met sy aankoms by die hospitaal onstabiel en moes dadelik gehelp word. Hy was drie dae in die waakeenheid en is op 5 Mei uit die hospitaal onstlaan.
Nkomo-Ralehoko het die personeel van die hospitaal met die prestasie gelukgewens.



