Brendan Roux (35) is sedert 17 April 2023 in Tableview, Wes-Kaap, vermis.
Hy is groot gebou, het bruin oë, bruin krulhare, weeg 150 kg en is 1.98 m lank.
Uitkenbare merke is tatoes: linker binne-arm “DJ Roux”, regter bo-arm is Chinese simbole.
Hy is op die betrokke datum vir die laaste keer omstreeks 10:00 by ‘n gastehuis opgemerk.
Roux was geklee in ‘n blou sweetbaadjie (sweater), blou denimbroek en bruin stewels.
Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan daar met die volgende persone in kontak gekom word:
AO Marais of die SAPD by 021 521 3300 of Stop Misdaad by 08600 10111.
Pink Ladies Organisasie by 072 214 7439 of 083 378 4882.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



