Lees ook: Suid-Afrikaners sê VK moet diamante teruggee dae voor kroning
’n Aktivistegroep Republic is van plan om te betoog naby die Westminster-abdy waar koning Charles se kroning gaan plaasvind.
Die groep het gesê hulle het briewe ontvang wat hulle waarsku oor nuwe magte wat aan die polisie gegee is om betogers te keer. Betogers kan tronkstraf van 12 maande opgelê word en die polisie kan mense voorkeer en deursoek as hulle vermoed hulle wil moeilikheid veroorsaak. Scotland Yard het gesê hulle gaan min verdraagsamheid met betogers hê.
Die groep het gesê hulle voel of hulle geïntimideer word en dat hulle voortgaan met die betoging.
Bronne: The Guardian, Express, Yahoo
Lees ook: Suid-Afrikaners sê VK moet diamante teruggee dae voor kroning



