Lees ook: Koning Charles lei kroningsrepetisie in Westminster Abbey
Dae voor die kroning van koning Charles en Camilla het die versoek herleef dat die VK die diamante in die kroonjuwele wat deur die Suid-Afrikaanse koloniale regering aan die Britse koninggesin geskenk is, moet teruggee.
Die Eerste Ster van Afrika, ‘n knewel van 530 karaat, is in 1905 ontdek en is deur die regering in Suid-Afrika aan Koning Edward VII geskenk vir sy 66ste verjaarsdag.
Die wêreld se grootste diamant is opgesny in kleiner diamante, waarvan een, die Cullinan I, in die koninklike septer monteer is wat Charles Saterdag sal vashou en nog ‘n kleiner een, Cullinan II, is in die imperiale staatskroon gegiet. Die res is aan lede van die koninklike familie gegee.
Meer as 8 000 Suid-Afrikaners het al ‘n petisie geteken om koning Charles aan te moedig om die Cullinan diamante terug te gee.
Bronne: DW – South Africa, All Africa, ECR
Lees ook: Koning Charles lei kroningsrepetisie in Westminster Abbey



