Polisiekonstabel skiet na bewering meisie dood

Deel hierdie storie / Share this story

Nompumelelo Hlatswayo (28) is op 30 April 2023 in Kwanele Dunga, Pollark Park, Springs aan die Oos-Rand, doodgeskiet.

Women For Change sê sy en haar kêrel, wat ‘n polisiekonstabel in Springs is, het na bewering ‘n woordewisseling in ‘n taverne in Duduza gehad.

Hy het haar glo in sy motorvoertuig ingedwing en teen ‘n hoë snelheid weggery. ‘n Paar uur later is hul lewelose liggame met skietwonde in die voertuig gevind.

Daar word beweer dat hy haar eers met sy dienspistool geskiet het voordat hy homself geskiet het, omdat die pistool glo steeds in sy hand tussen sy bene was.

FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.