Amore Bekker se laaste dag by RSG

Deel hierdie storie / Share this story

Amore Bekker, bekende en geliefde radiopersoonlikheid van RSG, was vandag vir die laaste keer op die lug met haar eie program Alhoebekker.

Maar die gesegde sê mos as die deur toegaan, maak ‘n venster oop.

Goeie nuus is dat Amore Bekker nou vir jou funksies beskikbaar is. Jy kan haar bespreek as motiveringspreker of seremoniemeester.

Is daar dalk ‘n boodskap wat jy vir haar wil plaas of ‘n episode van haar program wat jy spesifiek en vir ‘n spesiale rede onthou?

Sy het hierdie plasing op haar sosiale media gedeel:

Goeiemore! Vandag is ons laaste dag saam van klets op die radio. Dit voel vreemd, maar ek het besluit ek gaan elke sekonde geniet. Ek hoor graag van jou, as jy enige herinneringe met ons wil deel. Ek het al so baie goed vergeet a.g.v. Covid en menopouse. Alhoebekker….9 vm. Engele storie. 9.30 vm. Antoinette Pienaar. 10 vm. Chappies. 10.30 vm. Hoe gaan dit met jou kind? 11 vm. Doen ek my persoonlike JOUNE. 11.30 vm. Wie is ek. Ontbyt: Ekstra sterk koffie, muesli met appel en yoghurt. Laat ons asseblief nie kontak verloor nie, ek gaan gereeld video’s post, hier op FB. En vir jou briewe skryf. Aanhaling: Dit is nie wat jy doen, waar jy bly, of hoeveel geld jy het nie, maar wat jy daarvan dink. – Wilna Snyman –

Tania Fourie Promosies het die volgende plasing gemaak:

Dit is ons geliefde Amore Bekker se laaste dag vandag op RSG.

Los gerus vir haar ‘n spesiale boodskap hier in die comments.

Onthou dat sy nou bespreek kan word as motiveringspreker en seremoniemeester vir jou volgende funksie, net hier by Tania Fourie Promosies.

Foto: Tania Fourie Promosies

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.