Brandfort Butchery-moordverdagte bly in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Lambertus Petrus Lochner (70) is op 2 Mei 2023 omstreeks 17:10 by Brandfort Butchery in Voortrekkerstraat op Brandfort met ‘n mes gesteek, waarna hy oorlede is.

Kapt. Loraine Earle sê Jan Buti Wolf (57), die moordveragte in die saak, het vandag vlugtig in die Brandfort-landdroshof verskyn.

Daar word beweer dat Wolf Lochner gesteek het toe die oorledene op hom afgekom het waar hy glo kabels steel en hom gekonfronteer het.

Lochner kon sy vrou bel om hulp te kry, waarna sy met hom na ‘n hospitaal in Bloemfontein gehaas het. Op pad het sy ‘n ambulans gebel wat haar in Raymond Mhlabapad in Bloemfontein ontmoet het.

Alhoewel daar probeer is, kon Lochner nie gered word nie.

Hy het aan steekwonde in sy arm en bors gesterf.

Die saak is tot Maandag 15 Mei 2023 uitgestel vir verdere ondersoek. Wolf sal in aanhouding bly.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.