Voormalige polisiebeampte in hegtenis na goud, platinum en geld in sy besit gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisiebeampte aangekla van moord op swanger eks-vrou laat vaar borgaansoek

‘n Voormalige polisiebeampte, Jacob Abrahams Buys, is Dinsdag in hegtenis geneem vir die oortreding van die Precious Metals Act 37 of 2005.

 Die Valke, Germiston se kriminele-intelligensie-eenheid en Gauteng-blitspatrollie het saamgewerk en Buys in hegtenis geneem na nege stukke goud in sy voertuig gevind is. Een stuk platinum is in sy huiskantoor gevind en ‘n onbekende hoeveelheid geld in sy huis.

Buys het Woensdag sy eerste verskyning in die hof gemaak en sal weer vandag vir sy formele borgaansoek voorkom.

Bronne: IOL, SAPS, Maroela Media

Lees ook: Polisiebeampte aangekla van moord op swanger eks-vrou laat vaar borgaansoek