Vrou se liggaam op Kersdag 2014 deur kinders ontdek – man deur DNA vas

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (56) se naakte liggaam is op 25 Desember 2014 deur kinders in die gemeenskapsaal van Bokfontein, Fauresmith ontdek.

Stephans Makhazi (31) is gister op Philippolis in hegtenis geneem nadat DNA hom met ‘n moord- en verkragtingsaak van 2014 verbind het.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê nadat die vrou se liggaam gevind is, is die saak hangende die uitstlag van DNA-toetse, gesluit.

Fauresmith-polisie het vandeesweek inligting ontvang dat Makhazi deur DNA met die saak verbind word.

Hulle het vinnig opgetree, hom op Philippolis opgespoor en in hegtenis geneem.

Makhazi het vandag vlugtig in die landdroshof verskyn.

Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op Dinsdag 9 April 2023.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel