Reserwebank maak nuwe ontwerp vir geldnote en muntstukke bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Olimpiese atleet Tori Bowie oorlede

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Woensdag 3 Mei amptelik die nuwe ontwerp vir die land se fisiese note en muntstukke bekend gestel.

Die bank het bevestig dat die nuwe note en muntstukke nog vandag vrygestel sal word.

Die note het steeds Nelson Mandela se gesig op die voorkant met die landsvlag aan albei kante en die aanhef van die Suid-Afrikaanse grondwet kleingedruk om Mandela se gesig. Agterop die note sal die Groot Vyf diere met hulle families afgedruk wees.

Die muntstukke fokus op die tema van ekologie en erken dat lewende wesens verbind is en belangrik is vir die omgewing.

Daar is meer sekuriteitskenmerke op die note en muntstukke en dit is meer toeganklik vir gesiggestremde persone.

Bronne: Daily Maverick, Cape Talk, The Citizen

Lees ook: Olimpiese atleet Tori Bowie oorlede