Olimpiese atleet Tori Bowie oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drukker vir bestuurslisensiekaarte breek alweer

Die Olimpiese atleet Tori Bowie is oorlede gevind in haar huis in Florida. Sy was slegs 32 jaar oud.

Haar dood is Woensdag in ’n verklaring deur haar bestuursmaatskappy bevestig, maar geen verdere inligting is bekend nie.

Tori Bowie het drie medaljes by die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen. Sy het in die 2017-wêreldtoernooie goud gewen in beide die 100 meter wedloop en die 4×100 afloswedloop.

Bronne: BANG Showbiz, CNN, NBC News

Lees ook: Drukker vir bestuurslisensiekaarte breek alweer