Bejaarde vrou by busstop geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde vrou is Woensdagmiddag 3 Mei 2023 omstreeks 17:54 kritiek beseer, nadat sy op die hoek van Noord Kus- en Effinghampad in Briardene, Durban, KwaZulu-Natal geskiet is.

Netcare 911 sê hulle is ingelig van ‘n bejaarde vrou wat in die regter bo-been geskiet is terwyl sy langs die pad vir ‘n bus gewag het.

Met aankoms op die toneel is sy gekry waar sy gelê het. Sy het nie gereageer nie.

Paramedici het met assessering gevind dat sy ‘n groot oop wond het en erge bloedverlies ervaar het.

Marshall Sekuriteit, Greenwood Park-SAPD en Staat-nooddienste was op die toneel.

Sy is op die toneel deur ‘n Netcare 911 noodsorgpraktisyn behandel en gestabiliseer voordat sy vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel