Van padtekens tot grassny vir Groter Moot-strukture in April

Deel hierdie storie / Share this story

AfriForum se Groter Moot-buurtwag en die buurtspan van die Groter Moot-tak het gedurende April reuse werk gedoen en sukses behaal om die Moot-gemeenskap te verbeter en beveilig.

Gedurende April het die buurtspan ’n totale oppervlakte van 171 300 vierkante meter se gras gesny, 417 man-ure op die bossiekappers spandeer en 52 geelsakke rommel weggery. Die span het ook verskeie padtekens geverf, waaronder twee stop-padtekens en twee voetoorgange. Verder het hulle ses verstopte stormwaterdreine skoongemaak en 43 sakke teer van 25 kg elk gebruik om slaggate op te vul.

AfriForum se Groter Moot-buurtwag het ook volstoom voortgegaan. Hulle het op drie ongelukstonele gehelp en deelgeneem aan AfriForum se jaarlikse nasionale massapatrollie. Die buurtwag het ook twee van hul eie operasies aangepak wat die inoefening van gebeurlikheidsplanne teen onluste behels, asook operasies saam met naburige AfriForum-buurtwagte.

“AfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe te help waar die staat of munisipaliteit misluk en om hoop in gemeenskappe te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die area maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel