Lees ook: Brackenfell-onderwyser glo deur buurman doodgesteek
Die liggame van twee mans is Dinsdag op Water Reidpad in Maidstone, Tongaat gevind.
Die mans, albei in hulle 40’s, is vermoedelik in die kop geskiet.
Een van die slagoffers is in die middel van die pad gevind en die ander langs ‘n suikerrietveld.
Die slagoffers is glo iewers anders geskiet en hulle liggame daar gelos.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord.
Bronne: IOL, ECR, Be Loud
Lees ook: Brackenfell-onderwyser glo deur buurman doodgesteek



