Lees ook: Kêrel word aangekla van poging tot moord na hy in meisie se kar vasry
Shane Human (33) is glo Saterdagaand deur sy buurman doodgesteek na ’n argument waarin die buurman glo gedreig het om hom en sy gesin dood te maak.
Human, ’n onderwyser by Bishops-vaardigheidskool, en sy familie was besig om te braai toe die buurman glo oor die muur kyk en hulle name begin noem en dreig. Human het glo nader gegaan om die buurman te konfronteer en is toe in die hart gesteek.
Die beskuldigde se ma het aan die Cape Argus gesê haar seun is uitgelok toe Human hom met ’n bierglas gegooi het en saam met sy vriende by die garage ingegaan het. Sy het gesê haar seun het die buurman gesteek na hulle geweier het om te loop.
Die saak is in die Blue Downs-landdroshof uitgestel tot 11 Mei.
Bronne: IOL, VN Explorer, Press Reader
Lees ook: Kêrel word aangekla van poging tot moord na hy in meisie se kar vasry



