‘n Polisiesersant (42) wat as ‘n hofordonnans by Motherwell-landddroshof in Gqeberha, Oos-Kaap gewerk het, is vanoggend deur ‘n verdagte wat in hegtenis geneem is, oorrompel en doodgeskiet. Die verdagte is daarna weer vinnig in hegtenis geneem.
Die sersant het 16 jaar in die SAPD gedien.
Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die verdagte het na bewering ongeveer 09:20 die hofgebou binnegegaan, die sersant ontwapen, doodgeskiet en daarna te voet van die toneel gevlug.
Lede van die teen-bende-eenheid, wat in die omgewing gepatrolleer het, het onmiddellik reageer waarna hulle deur ‘n taxibestuurder ingelig is dat die verdagte, wat in besit van ‘n vuurwapen was, in die taxi is.
Die verdagte het op die polisie begin skiet, waarna lede teruggeskiet het. Die verdagte is gewond en is na ‘n hospitaal vervoer waar hy tans onder polisiebewaking is.
Die staatsvuurwapen van die polisiesersant is teruggekry.
Insittendes wat in die taxi was ten tyde van die skietery, is nie gewond nie.
Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het die teen-bende-eenheid vir hul vinnige optrede geprys.
Die nasionale kommissaris het ook beveel dat hulpmiddele gemobiliseer moet word om diegene wat ‘n sersant (41) doodgeskiet het wat aan openbare-orde-polisiëring (OOP) in Oos-Londen verbonde was, aan te keer.
Daar is tans ‘n mannejag om ‘n groep verdagtes op te spoor wat die sersant, wat Maandag op ‘n gewapende roof op ‘n Fidelity-perseel reageer het, doodgeskiet het.
Die sersant het 14 jaar in die SAPD gedien.
Genl. Masemola het namens die polisiebestuur beide die voorvalle veroordeel.
“We cannot have a situation where members are killed in a court of law and while responding to the call of duty. Our condolences to the families, friends and colleagues of our fallen heroes. The SAPS continues to prioritise acquiring of additional resources and equipment to heighten police response to fight serious and violent crime, “said General Fannie Masemola.
Beide die lede se identiteite word weerhou totdat hul naasbestaandes van hul dood ingelig is.
“To both members, the SAPS flag does not fly because the wind blows it: it flies with the last breath of every member who died defending it. May your souls rest in peace.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



