Die sangeres Bernice West, wat vroeër medies ongevoeg verklaar is om vir ‘n tyd lank te sing en op te tree, se spesialis het haar uit die hospitaal ontslaan en sy is op pad huis toe.
It’s been a long week, maar Jesus is goed vir my en ek kan uiteindelik huis toe gaan ![]()
![]()
Dankie vir elke blommetjie, boodskap, gebed, comment en liefde!
Ek waardeer dat julle uitreik en soveel liefde deel tydens hierdie tyd, as ek nog nie reply het nie, weet net ek sien dit raak en ek waardeer dit opreg! ![]()
My spesialis het my ontslaan onder mediese toesig by die huis vir die volgende week so gelukkig kan nou verder in my eie bed aansterk… dit was ‘n wilde nierinfeksie en my liggaam gaan nog ‘n rukkie neem om ten volle te herstel.
Al my liefde
B
xxx
PS: Dankie @jannes_erasmus vir al jou hulp en liefde! Ek waardeer jou
en vir elke dokter en suster wat so mooi na my gekyk het waardeer julle ![]()
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



