Foto’s: Gru-ongeluk op Ou Warmbadpad noord van Pretoria

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Gru-ongeluk het ongeveer ‘n uur gelede op die Ou Warmbadpad wat ook as die R101 by die aansluiting van Ericastraat, Bon Accord, in die noorde van Pretoria, plaasgevind.

PROMED Emergency Medical Services sê dat ‘n bus, vragmotor en klein motorvoertuig betrokke is.

Die voertuie op die toneel was in vlamme gehul.

Sterftes en verskeie beserings is gerapporteer.

Die R101 en Ericastraat is vir verkeer gesluit.

Die Ou Warmbadpad (R101) lei na Hammanskraal.

Die toneel is nog aan die gang en die berig sal opgevolg word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel