Vroeg Dinsdagoggend is altesaam 17 mense beseer in ‘n ongeluk wat tussen ‘n taxi en ‘n motor plaasgevind het.
Paramedici, SAPS en Firefighters South Africa sê die ongeluk het Dinsdagoggend omstreeks 07:00 tussen die Asiphephe-brug en Keyway Motors in Madadeni, KZN, plaasgevind.
Die twee voertuie was in teenoorgestelde rigtings op pad toe hulle reg van voor teen mekaar gebots het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



