Huiseienaars in Monument Hoogte, Kimberley, tesame met die Sol Plaatje-munisipaliteit, het hande gevat met ‘n plaaslike kontrakteur om Kekewichstraat en Chamierstraat te herseël.
Dié herseël van die pad sal vier tot vyf dae neem. Konstruksie begin op 3 Mei, 2023.
Motoriste word aangeraai om ‘n alternatiewe roete te neem, aangesien daar vir vier ure nadat die teer gegooi is, nie oor die nat teer gery kan word nie. Dit kan moontlik tot verkeersopeenhoping of vertragings lei.
*Advertensie



