‘n Man van die Transkei is stabiel nadat hy deur ‘n haai gebyt is.
Volgens die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, is die man Maandagmiddag omstreeks 14:00 by Mdumbi in die Transkei aangeval nadat hy glo gaan duik het.
Lambinon sê in ‘n verklaring hulle is na die toneel ontbied waar die man met 40 snywonde aangetref is.
Die beseerde man, wat glo in sy 40’s is, is met ‘n privaat helikopter na ‘n plaaslike mediese kliniek geneem. Hy is gestabiliseer en buite gevaar.
Die NSRI doen ‘n beroep op swemmers in die gebied om versigtig te wees.



