Die nuwe realiteit-program, Die Real Housewives van die Wynlande, het sedert dit op die kassie is al menige oë laat rek.
Die program, wat op 6 April 2023 begin het, is in en om Franschhoek, die Paarl, Stellenbosch en Somerset-Wes verfilm en gaan oor ses glansryke vroue.
Amy Kleinhans-Curd, Mariska Thorpe, Karen Schwendtke, Candice Bester, Michelle van Zyl en Anita Lloyd maak hul droomhuise se deure, hulle harte en hulle lewens vir kykers oop.
In die jongste episode van dié program het een van die deelnemers, Anita Lloyd, vrou van die huidige KWV-grootbaas, uitlatings gemaak wat die sanger Appel ‘n bitter smaak in die mond gee.
Lloyd sê in die episode sy dien Mammon, die geldgod en as sy nie geld sou hê nie, sou sy van ‘n gebou afgespring het en die kragwoorde kom een vir een soos sy oor haar lewe praat.
In Appel se inskrywing op Facebook, haal hy Matt 6:24 aan en sê dat iemand nie twee “here” kan dien nie.
“Geld moet nooit jou mikpunt in die lewe wees nie, maar ‘n bonus,” sê Appel.
Lees hier sy inskrywing:



