
Foto: Chantall Groenewald Facebook-blad
Clarise Groenewald (17) het op Dinsdag 25 April 2023 gesterf.
Hoërkool Driehoek in Vanderbijlpark, Gauteng, het vier dae gelede die dood van Clarise op sosiale media aangekondig.
“Dit is met ‘n seer hart wat ons een van ons mede-Hoekies, Clarise Groenewald, groet.![]()
“
“Ons innige meegevoel aan haar familie en vriende.”
Chantall Groenewald, Clarise se ma, het die volgende hartroerende boodskap vir haar dogter onder haar foto op die skool se Facebook-blad geplaas:
My liewe Clarisie
Ek gaan op Facebook en sien jou klein gesiggie, jou mooi ogies, punt neusie en pragtige glimlag. Hoekom kon jy nie sien hoe perfek jy was, jou gewig het jou so gepla omdat ander mense heeltyd aanmerkings gemaak het, jy het gedink as jy net 5 kg optel sal mense begin verby jou kyk. Vir my was jy perfek, ‘n klein, fyn mensie.
Jy het die mooiste hart gehaat en mense het so vinnig in jou hart geklim, jy wou almal net altyd beskerm. Jy moes net besef het dat jy nie verantwoordelik was vir verkeerde keuses wat ander gemaak het nie. Mamma het vir jou gesê dat baie mense spore in jou lewe gaan los, party kom net vir ‘n rukkie en dan gaan hulle weer, vir jou was dit net te moeilik om hulle te laat gaan. Jy kon nie almal beskerm nie.
Nadia en Audrey is baie lief vir jou al het julle baklei, alle sussies baklei, vir jou het dit net gevoel dat hulle heeltyd teen jou is, dis moeilik met drie tiener meisies, julle het elkeen julle eie persoonlikheid. Ek wens jy kon net besef dat dit sou beter raak wanneer julle ouer is.
Mamma het ook baie met jou baklei, al het dit nie so gevoel was net omdat ek lief was vir jou en die beste vir jou wou hê, as ek nou terugdink sou ek baie dinge anders gedoen het.
Sondagaand my liefie het die donker van hierdie wêreld jou oorval, daar was net nêrens ‘n liggie wat jou hoop kon gee om aan te gaan nie. Ek wens ek kon tyd terugdraai, ek sou soveel dinge anders gedoen het, elke dag seker gemaak het dat jy weet daar is altyd hoop.
My kind ons harte is in stukkies, daar is ‘n leemte ‘n deel van ons lewe wat nie sin maak. Ons mis jou elke minuut van die dag. Mag Jesus jou beskerm en omvou met warm liefde. Ons is onbeskryflik lief vir jou en sal altyd wees.
Clarise laat haar ma Chantall, pa Jaco en susters Nadia en Audrey agter.
Hoërskool Driehoek is die skool waar die brugramp in 2019 plaasgevind het.
Indien jy weet van iemand wat enige hulp nodig het kan die volgende nommer geskakel word:
Suicide Crisis Line – 0800 567 567
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



