‘n Vrou (25) wat besig was om te kraam, is Vrydagmiddag deur ‘n taxibestuurder langs die pad in KZN afgelaai.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het ‘n verbyganger om 16:28 lede in kennis gestel van die vrou wat langs die pad besig was om geboorte te gee.
Volgens die nuwe ma het die bestuurder vir haar gesê dat hy haar nie gaan help nie omdat dit sy roete sou vertraag.
Beamptes het die ma bygestaan om geboorte te gee. Die ma en haar gesonde babaseun is na ‘n hospitaal geneem vir mediese sorg.



