Die departement van korrektiewe dienste is op soek na twee verkragters wat uit die Ngqeleni-gevangenis ontsnap het.
Die twee mans is Siyabulela Khohliso, wat ‘n vonnis van 10 jaar uitdien vir verkragting, en Athini Nothi Mzingelwa, wat ‘n vonnis van agt jaar vir verkragting uitdien.
Die polisie werk saam met die departement om die gevangenes op te spoor.
Lede van die gemeenskap word gevra om hul naaste polisiestasie te kontak indien hulle met die gevangenes te doen kry.



