Rommelversamelaar kom op babalykie af

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Rommelversamelaar het Saterdagoggend op ‘n babalykie in Rambo Khozastraat in Fase 5, Trenance Park, KZN, afgekom.

‘n Inwoner het lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) in kennis gestel van die ontdekking nadat die rommelversamelaar haar daarvan gesê het.

Met Rusa-lede se aankoms op die toneel het hulle gevind die babadogtertjie is in ‘n plastieksak in die bosse gelos.

Die baba se naelstring is geknip en daar was geen tekens van ‘n plasenta nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel