‘n Vrou (50) en haar medepligtige (39) is Dinsdag 26 April 2023 vir die moorde van die twee Soweto-seuns wat op twee verskillende plekke vermoor en vermink gevind is, in hegtenis geneem.
Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê forensiese ondersoek by die seuns se huise het tot gevolg gehad dat die twee verdagtes vir ondervraging ingebring is.
Die ondersoekspan is deur lt.genl. Elias Mawela ná die moorde op Tshiamo Rabanye en Mduduzi Mqobizitha Zulu saamgestel.
Die twee verdagtes is van moord aangekla en sal Vrydag 28 April 2023 in die Protea-landdroshof verskyn.
FiND iT het voorheen soos volg berig:
Nqobizitha Zulu (5) en Tshiamo Rabanye (6) is die twee seuns van Soweto wat Woensdag 19 April 2023 vermis geraak het en wie se verminkte liggame Donderdag 20 April 2023 gevind is.
FiND iT het Donderdag berig dat die twee seuns se verminkte liggame die oggend op twee verskillende plekke in Soweto, Gauteng, gevind is.
Ian Cameron van Action SA sê beide kinders se kele was gesny en hulle hande en neuse afgesny.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi het gesê die een kind se liggaam is in White City en die ander in Rockville gevind.
Beide die seuns was Woensdagaand by Moroka-polisiestasie as vermis aangemeld. ‘n Soekspan met verskeie rolspelers is geaktiveer om na die kinders te soek. Hulle lewelose liggame is Donderdagoggend gekry. Tshiamo is in White City en Nqobizitha in Rockville gevind.
Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale kommissaris van Gauteng, het die grusame moorde veroordeel:
“It is so disheartening and disgraceful to see such little innocent lives being lost in this hideous manner. It cannot be that no one saw or heard nothing. We are appealing to anyone who may have information about this incident to please report to the police.”
Kontak Stop Misdaad by 08600 10111 indien jy inligting het of maak van die MySAPS-toepassing gebruik.
Volgens Women For Change vermoed polisie dat dit moontlik muti-moorde kan wees.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



