Taliban vermoor glo ISIS-militant wat na bewering aanval op Kabul-lughawe beplan het

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir dood van Koketso Mojatau

Die ISIS-militant wat na bewering die selfdoodbomaanval by die Kabul-lughawe beplan het terwyl die VSA van Afghanistan onttrek het, is glo vroeër die maand deur die Taliban doodgemaak.

Die selfdoodbomaanval op 26 Augustus 2021 het die Abbey Gate geteiken waar mense probeer vlug het na die Taliban oorgeneem het.

Ongeveer 170 Afghaanse en 13 Amerikaanse weermaglede is dood.

Die militant wat die bomaanval gereël het, is die week dood in ’n skermutseling tussen die Taliban en ISIS-K.

Bronne: DW – South Africa, CNN, Washington Post

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir dood van Koketso Mojatau